Austin Butler

Austin Butler
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 2005–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Austin Butler (gebore 17 Augustus 1991) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Aliens in the Attic (2009) en in die televisiereekse Ruby & the Rockits (2009), Arrow (2012), en The Shannara Chronicles (2016).

Butler het groter bekendheid gekry vir sy uitbeelding van Elvis Presley in Baz Luhrmann se Elvis (2022), waarvoor hy 'n Golden Globe en BAFTA Toekenning gewen het, en is ook genomineer vir die Academy Award for Best Actor. Time tydskrif het hom as een van die 100 mees invloedryke mense in die wêreld in 2023 genoem.[1] Hy speel sedertdien as Gale Cleven in die oorlogdrama minireeks Masters of the Air (2024) en as Feyd-Rautha Harkonnen in die wetenskapfiksie film Dune: Part Two (2024).

  1. "Time 100". Time. 13 April 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2023. Besoek op 13 April 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search